AdvertorialBusinessNews

Innibos bied vrolike familiefees in die buitelug

Maak jouself gereed vir 'n Innibos-buitelugfamiliefees by Kwanyoni Lodge aan die einde van September.

Innibos gaan die somer tegemoet met ‘n buitelugfamiliefees met ‘n propvol musiekprogram, talle uitstallers, ‘n prettige kinderprogram en nog vele meer. Dit is op Vrydag, 30 September, en Saterdag, 1 Oktober, by Kwanyoni Lodge buite die stad.

Dit is by uitstek ‘n fees vir die hele gesin en beloof om, getrou aan Innibos-tradisie, iets vir almal, van speenoud tot beenoud, te bied. Die fees skop om 15:00 die Vrydag af en feesgangers kan gesellig saamkuier terwyl die stalletjies besoek word. Daar is ook ‘n opwindende skattejag vir kinders, terwyl besoekers verskeie bekende kykNET-akteurs in lewende lywe sal kan ontmoet.

Om 17:00 skop die musiekprogram af met 0260 Duo, Reën, Jan Jan Jan, Bernice West en Ricus Nel – sorg dat jou dansskoene afgestof is.

Bernice West.

Op Saterdag open die hekke om 10:00 vir ‘n volgepakte en bedrywige program. Verskeie demonstrasies word deur die dag op die stoep van Kwanyoni Lodge aangebied. Kom leer hoe om wors te maak, herwonne artikels mooi te maak met Tjokopaint, toets jou 4×4-vaardighede en nog vele meer.

Die manne met die baarde moet sommer nou al inskryf vir die Innibos Baardkompetisie. Dié met lang baarde, mooi baarde, stoppelbaarde of die rooiste baard staan ‘n kans om lekker pryse los te slaan.

Of wil jy dalk kom beenwys in die Boerboel Bene-kompetisie? Mans én vroue kan vir dié kompetisie inskryf. Inskryfvorms vir die kompetisies is op die Innibos-webblad by innibos.co.za, of stuur ‘n e-pos na adelene@innibos.co.za.

Riaan Loubser sal feesgangers ook vermaak as die Mentalist, terwyl die gewilde rubriekskrywer, Blouwillem Theron, en van die Pumas-spelers oor rugby en alles en nog wat gesels.

Jan Jan Jan.

Buiten die stalletjies is daar ook ‘n bier- en wyntuin waar daar gesellig saamgekuier kan word. Vir die jong kinders is daar ‘n spesiale program.

Saterdagaand se musiekspyskaart spog met Coenie Naudé, Droomsindroom, Refentse, Irene-Louise van Wyk, Snotkop en Soul Taxi.

Kaartjies vir die Innibos Buitelug Familiefees kos R100 vir Vrydag en R150 vir Saterdag. Pensioenarisse betaal slegs R50 en voor- en laerskoolkinders geniet gratis toegang.

Kry jou kaartjies vir die fees by Quicket.

Kliek op die skakels:

Vrydag Familiefees

Saterdag familiefees

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button