Die Lydenburg Mashishing Sakekamer het verlede Donderdag ‘n suksesvolle gholfdag aangebied.
Vele pryse soos ‘n klein vaatjie uit die Kaap met bottels wyn, ‘n naweek in Dullstroom vir ses persone en baie ander was op die spel.
Die sakegemeenskap het die afgelope paar jaar self met sy spanne ingegryp om die dorpstrate skoon te maak en selfs stormwaterdreine te herstel.
Lees ook: Seldsame verskynsel ‘n hoogtepunt vir gesin wat wildtuin besoek
“Die doel van die dag was om ‘n meer gewenste en winsgewende dorp vir die sakegemeenskap daar te stel. Dankie aan al die besighede wat bygedra het om hierdie dag so ‘n sukses te maak, asook Morgan Nissan, die hoofborg. Die ondernemings het hul hande diep in die sak gesteek om hierdie gholfdag aan te bied en ons kan almal saamstem dit was een vir die boeke,” het Etli van der Merwe, sakekamervoorsitter, gesê..

Die volgende borge word bedank: Vandernest Meubels, LSK Engineering and Plant Hire, Pannar, Highland Gate Golf and Trout Estate, Liveable Wellness, Jade Art Framing and Canvas, Lydenburg Toyota, HLR Attorneys, SpecSavers, Coastal Hire, The Pilates Place, Steelburger/Lydenburg News, Jam Jar Lounge, MPU Printers, Bebels Coffee Express, Hoërskool Lydenburg, Sizwe, Pick n Pay, ISDIN Love your Skin, The Local Choice Pharmacy, Yvette Labuschagne Attorneys, Conveyancers and Notaries, Integrated Fire Technology, Aqua Terra Guest House, Glencore, Hanas Mica Paint and Hardware, DN Makelaars, Maritz en Seun Boerdery, Pam Golding Properties, Herbalife, 2 Summer Electrical Services, Engen, Probe IMT, Wynand en Riandi Swart, Lieb Niemand, Jackie Mellet, Frans Labuschagne, Samancor Mine, Afriforum en Amajabee.
Die uitslae was soos volg:
• Manswenners
1. Danie Jacobs
2. Johan Hattingh
3. Kabous Rademeyer
4. Jehanne Claase
5. Thys Cronje
6. Theo Potgieter
7. Jaco Coetser
8. Bert Griesel
9. Jakes Valley
10. Wayne Honeyborne.
• Naaste aan die pen, agtste en 17de putjie Corjan Mulder.
• Naaste aan die pen, sesde en 15de putjie Desmond Clayton.
• Vrouewenners
1. Irene Horak
2. Wilma Griesel
3. Irene Marais.
• Meeste gholf gespeel
Philip Holliday, John Russell, Ruan Kleynhans en Ian Roelofse
• Beste waterpunt
Jade Art Framing and Canvas en MPU Printers.






















