Local sportNews

Rugbyspanne sê mekaar die stryd aan op Lydenburg

Rooikatte en Matsulu speel gelykop, met 17 punte elk.

Die Rooikatte en Matsulu se rugbyspelers het Saterdag 27 Mei op Rooikatpark in Lydenburg
mekaar die stryd aangesê.

Die drieë vir die Rooikatte is deur Peet Muller, Xolisa Nqandana en Calvin Schambiel aangeteken. Cassie Steyn het met een doelskop geslaag. Een van die Rooikatte se staatmakers, Andries Zulu, is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Calvin Shambriel as die agterspeler.

Die eindtelling was gelykop, met 17 punte elk op die telbord.

Lees ook: Potjie golf vir verbeteringe op Lydenburg
Philip Hennop gooi die bal na ‘n spanmaat. Foto: Jenise Colsby. 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button