Local sportNews

Hoërskool Rob Ferreira vier sy 70ste bestaansjaar met ’n jolige braai

Rugby, netbal en hokkie is vroeër die dag op Rob se velde, bane en Astroturf gespeel.

’n Belangrike byeenkoms om Hoërskool Rob Ferreira se 70ste verjaardag te vier het Saterdag 18 Mei by die skool se wintersportbyeenkoms plaasgevind.

Die gasheerskool, Ferrum High School, Hoërskool Barberton en Komati Akademie het op die rugbyveld, netbalbane en hokkie-Astroturf meegeding.

Kort nadat Rob se eerste rugbyspan Ferrum met 58-10 geklop het, het die beheerliggaam, ouers, oud-Robbies en ondersteuners die dag saam met die Rob-afrigters en -personeel geniet en saam gebraai. “Dit was ’n dag van skouspelagtige rugby as deel van Rob se 70ste jaarvieringe. Dit was ’n geleentheid vir samesyn en praatjies oor die ou dae. Alle betrokke partye het dit baie geniet, en dit was duidelik almal
se bloed is oranje,” het Nico Bekker, die rugbyorganiseerder, gesê.

Hoërskool Rob Ferreira het soos ’n loot uit die ou Laerskool Witrivier gegroei, en sy status is in 1948 na ’n juniorhoërskool verander. Só het die skool tot ’n selfstandige hoërskool in 1955 ontwikkel. Die skoolgebou is in 1954 voltooi en die koshuis in 1959.

 

 
Back to top button