NewsSchools

Beste van dié jaar se Nellies by prysuitdelings beloon

Hoërskool Nelspruit het twee prysuitdelings gehou, een vir sport en kultuur en die ander een vir akademiese prestasie en dienslewering.

Hoërskool Nelspruit het onlangs sy beste buitemuurse en akademiese sterre vir hul harde werk gedurende die jaar beloon.

Die prysuitdelings is in twee opgedeel; een vir sport- en kultuurtoekennings en een vir akademiese toekennings. By die akademiese prysuitdeling ontvang die leerders nie net erkenning vir hul akademiese prestasies nie, maar ook vir dienslewering.

Tydens dié prysuitdeling is die skoolhoof, Johan Hattingh, vir sy jarelange diens en leierskap in die onderwys vereer. Die erepenning is aan ‘n oud-Nellie, Meiring de Clercq, oorhandig.

Gedurende die buitemuurse prysuitdeling is daar talle toekennings aan presteerders oorhandig. NHS se leerders het immers opslae gemaak, sommige selfs wêreldwyd, met hul uitsonderlike prestasies in sport en kultuur. Hierdie geleentheid is regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai.

Spesiale akademiese toekennings:
• Merieteduxleerder: Sebastian van Heerden
• Mees verdienstelike leerder: Schalk Grobbelaar
• Die hoof se toekenning: Ian Wood

Spesiale buitemuurse toekennings:
• Buitemuurse kultuurleerder van die jaar: Ronel Basson
• Sportvrou van die jaar: Juané le Roux
• Buitemuurse sportvrou van die jaar: Tala Cronje
• Sportman van die jaar: Neil Burger
• Buitemuurse sportman van die jaar: Karlo Moolman
• Buitengewone prestasie vir padfiets: Megan Botha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button