Vollies vier kerk se 50ste bestaansjaar op Lydenburg
Om die geleentheid te vier, nooi die gemeente alle inwoners hartlik uit om aan die vieringe op Saterdag, 6 Augustus, by die kerk se perseel deel te neem.

Dit is min dat ’n kerk vir ’n volle 50 jaar aan sy geloofsbelydenis gestand doen. Vir dié besondere rede nooi die Volle Evangelie Kerk alle inwoners uit om sy se halfeeu-bestaansjaar te kom vier.
Die kerk het in 1975 vir die eerste keer tot die bediening getree en het sedert die opening van sy deure al vir geslagte lank as ’n hoeksteen van geloof, gemeenskap en saamhorigheid bygedra.
Die kerk is die eerste keer op 8 September 1975 ingehuldig waar dit by die destydse Oos-Transvaal Distriksraad algemeen aanvaar is dat Lydenburg as ’n gekonstitueerde gemeente beskou word.
Past. André en Liezel Hanekom is die afgelope 17 jaar die gemeente se herderspaar.
Om die geleentheid te vier, nooi die gemeente alle inwoners hartlik uit om aan die vieringe op Saterdag, 6 Augustus, by die kerk se perseel deel te neem. Die besondere mylpaal van die kerk se halfeeu, word saam met die jaarlikse Volliesmark gevier.
Die geleentheid beloof om ’n vreugdevolle byeenkoms te wees en sal, soos vorige markte, geen tekort aan heerlike eetgoed, vermaak, stalletjies en uitstallers van kuns en handgemaakte items hê nie.
Die kerk word aan sy dankbaarheid en aanbidding in gemeenskap gekenmerk, en kan met trots op ’n eeu van diens aan God en die gemeenskap terugkyk.
Die gemeente rig ’n hartlike uitnodiging aan al die dorpenaars om aan hierdie spesiale dag van herdenking, eenheid en vreugde deel te neem. Besoek gerus die feesvieringe by Eeufeesstraat 59.
