ʼn Digitale gemeenskap wat deure oopmaak
Nelspruit is ʼn stad vol geleenthede, maar dié geleenthede word kragtiger wanneer mense kan netwerk, hul kennis kan deel en deure vir mekaar kan oopmaak.

Dit is die gedagte agter S, Solidariteit se digitale wêreld, wat werknemers, werkgewers en jong mense wat die arbeidsmark betree, bystaan.
“S is nie net nog ʼn aanlyn platform nie. S is ook nie Solidariteit se projek nie. Dit behoort aan ons gemeenskap,” sê Hennie Bierman, adjunk- uitvoerende hoof van platform en kommersialisering by Solidariteit.
Volgens Johan van Eck, Solidariteit se Nelspruit-netwerkorganiseerder, bring S praktiese hulpmiddels en geleenthede bymekaar om mense te help om loopbane te bou, hul werkplekregte te verstaan en deel van ʼn beroepsgemeenskap te word.
Gebruikers kan byvoorbeeld by beroepsnetwerkgroepe aansluit, foto’s en video’s deel, idees uitruil en op hoogte van relevante nuus bly.
“Dit maak ʼn verskil om met mense te netwerk wat die uitdagings van die werkslewe verstaan en raad uit hul eie ervarings kan deel,” sê Van Eck.
Vir die Nelspruit-gemeenskap is die volgende stap eenvoudig: Laai S af vir toegang tot ʼn skatkis van hulpbronne en omskep jou ambisies in werklike moontlikhede.
Besoek die webtuiste HIER
