Pret op die tennis baan
Die afgelope naweek het jonk en bitter klein tennis spelertjies ‘n tennis kliniek bygewoon my Uplands Preparatory School. Die geleentheid het gestrek van 4-6 Desember en is aangebied deur grekende afrigters van Nelspruit, Penryn en Uplands as deel van ‘n gesamentlike afsluiting vir die jaar. Afrigters betrokke was Charl Marais, Henk Heymans en Tombie Pappas. …
Die afgelope naweek het jonk en bitter klein tennis spelertjies ‘n tennis kliniek bygewoon my Uplands Preparatory School. Die geleentheid het gestrek van 4-6 Desember en is aangebied deur grekende afrigters van Nelspruit, Penryn en Uplands as deel van ‘n gesamentlike afsluiting vir die jaar. Afrigters betrokke was Charl Marais, Henk Heymans en Tombie Pappas.
Twee hulpafrigters, Lauren en Megan McCreedy, is ook ingespan om seker te maak dat ieder en elk konstruktief besig gehou is.
By die kleintjies is daar baie tyd spandeer aan basiese tegniek van al die verskillende houe terwyl die meer gevorderde spelers gekyk het na verskeie spelpatrone en voetwerk. Hierdie kliniek het baie gewild graak en word elke jaa in Desembar aangebied.
Volgens Henk Heymans help die tiep van geleentheid met die bevordering van ‘n grondslag vir alle balsporte wat sodoende die kind as geheel bevoordeel. Al kies die kind nie tennis as sport nie, kweed die kleniek ‘n liefde vir sport en word daar heerlik gehardloop en speel,” meen Henk.
