Local newsNews

Hier was Spear se ruskamp geleë

Spear se ruskamp was sommer hier vlak teen die ou dorp, bykans 80 jaar gelede.

Spear se ruskamp was sommer hier vlak teen die ou dorp, bykans 80 jaar gelede. Wat vroeër ‘n lekker oopte was met ‘n paar sambreelvormige kameeldorings en papierbasse vir koelte reg teen die grootpad, goed geleë vir ‘n gerieflike toeriste- ruskamp, is vandag midde in Nelspruit se bedrywige sentrale sakegebied.

Nadat ons verlede week die berig en ‘n advertensie uit vervloë dae van Spear se Rest Huts and Auto Camp iewers buite ou Nelspruit geplaas het, het iemand ons laat weet waar dit geleë was. Ongelukkig het die naam en nommer van die persoon wat geskakel het, verlore geraak. Ons sou graag weer met haar wou kontak maak om nog meer oor ou Nelspruit uit te vind en versoek dat sy ons weer by 013-7541600 skakel. Vra om met Marius te praat.

Spear se kampplek was waar SARS vandag is (vroeër Game). Dit klink of die terrein vanaf die Barberton-pad tot agter teen die spruitjie gestrek het, onder meer waar Pick n Pay vandag sy parkeergebied het. Mens sien vandag nog een of twee ou bosveldbome waar die ingang na Spear se oornagplek omtrent moes gewees het en wonder of dié ook uit daardie tydperk dateer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button