Interhigh newsLocal newsNews

Nellies slaggereed vir Interhoër 2014

Daar is geen keer aan Nellies, sê skool oor die opkomende Interhoër 2014.

NELSPRUIT – Hoërskool Nelspruit se 150 atlete en 1000 toeskouers sien reikhalsend uit na Saterdag se groot atletiek by Bergvlam.

Atletiek is gewis tans een van NHS se blink diamante op die sportfront.  Die atlete het besonder hard gewerk en het  ook verskeie persoonlike beste tye  verlede naweek op Roodepoort behaal.

NHS se kookwater dirigente is vasbeslote om vir die vierde jaar in ‘n ry die sangbeker na Nellieland te bring. Die gees en positiwiteit is hierdie jaar besonder hoog onder die palmtakdraers en elke Nellie is Saterdag daar om van Interhoër 2014 ‘n onvergeetlike ervaring te maak.  Baie sterkte aan Hoërskool Bergvlam met die byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button