Pretletiek in die Onderberg vir kleuters
Op Saterdag 16 Augustus het Laerskool Malelane ‘n pretletiekdag vir die gr. R- en gr. RR-kinders van die Onderberg aangebied. Kwetternes en Toddle Tots het al die pad vanaf Komatipoort gereis om deel te neem.
Op Saterdag 16 Augustus het Laerskool Malelane ‘n pretletiekdag vir die gr. R- en gr. RR-kinders van die Onderberg aangebied. Kwetternes en Toddle Tots het al die pad vanaf Komatipoort gereis om deel te neem.
Hectorspruit was deur Lien se Kleuternes verteenwoordig en Klouter Kabouter het saam met Desiland se kinders aan die pretletiekdag kom deelneem.
Dit was ‘n heerlike koel dag en die kinders en hul ouers het elke oomblik geniet. Die ouers het sommer ook aan die sakresies deelgeneem en ‘n aflos gehardloop.
Elke kind het ‘n medalje en geskenkpakkie ontvang en genadiglik het die winterreën ons kans gegee om klaar te maak voor dit uitgesak het.
Mnr. Gerben Janse van Rensburg het voornemende ouers in die saal toegespreek en meer oor wat hulle van die skool kan verwag met hulle gedeel.
Die skoolklere en benodigdhede is uitgestal en ouers kon ook na foto’s van aktiwiteite van die gr. R- en gr. 1-leerders van Laerskool Malelane kyk.
Baie dankie aan al die ouers en kinders wat met entoesiasme kom deelneem het en aan al die ouers en onderwysers van Laerskool Malelane wat by die reëlings van hierdie suksesvolle projek betrokke was!
