Landloop leerders vaar uitstekend
Die afgelope naweek het atlete van Laerskool Barberton aan 'n landloop by Laerskool Suikerland in Malalane deelgeneem.

Die afgelope naweek het atlete van Laerskool Barberton aan ‘n landloop by Laerskool Suikerland in Malalane deelgeneem.
Die mededinging was kwaai, met die meeste van die skole in die Laeveld teenwoordig, maar volgens afrigter, Saartjie Pohl, het hulle baie goed gevaar en is sy trots op elke kind wat gehardloop het.
Goitsemang Mahlangu, Jessica van Niekerk en Grant de Jager het tot die Mpumlanga-finale wat op 20 September by Laerskool Lydenburg gaan plaasvind, deurgedring. Hierdie uitdunne sal bepaal wie tot die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deurdring wat later vanjaar in Durban plaasvind.
Hier is van die atlete na afloop van Saterdag se landloop (voor) Mpho Makhubedu, Bheki Magagula, Telo Mnisi, John Mziako, Mpendulo Thela en (agter) Jason Nelson, Sthembiso Madonsela, Malibongwe Myanga, Njabulo Mdakane en Kudzi Kabzimu.
