EntertainmentLifestyleLocal newsNewsPeople

Die naakte waarheid is in die smaak

Wynliefhebbers het verlede Donderdagaand by Cafe Crust die geleentheid gehad om 'n verskeidenheid indrukwekkende wyne te proe.

LYDENBURG – Wynliefhebbers het verlede Donderdagaand by Cafe Crust die geleentheid gehad om ‘n verskeidenheid indrukwekkende wyne te proe.

Wynproe-geleenthede is ‘n wonderlike manier om vriende en familie bymekaar te kry en meer te leer en te eksperimenteer met verskillende variasies.

Mense ontmoet nuwe vriende en deel hul kennis oor wyn.

Annette Davel, ‘n wynkenner, was die gasspreker en het ‘n versameling wyne ten toon gestel. Sy is besig met haar M-graad en werk as junior tegniese-assistent by die Universiteit van Stellenbosch.

Sy het oor plantmetodes en die opstel en verbetering van die produktiwiteit van ‘n wingerd gepraat.

Na afloop van Davel se praatjie, kon gaste aan ‘n wye verskeidenheid wyne proe.

Bottle with glas_549220686

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button