Local newsLocal sportNewsSport

Motorfiets pretdag weereens uit die boonste gestoeltes

Die motorfietsdag wat op Saterdag in Low’s Creek gehou is, was terdeë geniet deur almal wat deelgeneem het.

Die motorfietsdag wat op Saterdag in Low’s Creek gehou is, was terdeë geniet deur almal wat deelgeneem het.

Hierdie dag, wat elke jaar op die plaas Dortennien gehou word, is altyd ten bate van liefdadigheid.

Vanjaar het die geld wat onder andere uit die R250-inskrywingsfooi per motorfiets gemaak is, aan Francois Potgieter (38) gegaan. Potgieter, wat ‘n paar jaar gelede ernstig in ‘n motorongeluk beseer is en tans by die Macadamia-kliniek in Mbombela versorg word, is steeds in ‘n rolstoel en finansieel kan sy familie nie tot sy versorging bydra nie.

Vroegoggend het oud en jonk met hul fietse opgedaag om vrye teuels aan hul avontuurlustigheid te gee. Op die roete wat gevolg is, was daar heelwat waterpunte en na die prysuitdeling was braaipakke te koop sodat almal die aand se kuier na hartelus saam kon geniet.

“Ons wil baie dankie sê aan die boere wat hulle plase beskikbaar gestel het vir die roete wat daardeur geloop het, asook aan elke borg wat die dag moontlik gemaak het.

Die terrein wat gery is was veelsydig en die dag was wonderlik, veral omdat die Liewe Vader ons paaie natgemaak het die vorige aand. Almal het heerlik gekuier en was baie ingenome met die nuut opgeknapte fasiliteite,” het een van die organiseerders, Barries Viljoen gesê.

Indien enigiemand wil uitvind hoe om betrokke te raak by volgende jaar se pretdag, kan Barries gekontak word op 083-601-3156.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button