Local newsLocal sportNewsSport
Puma-breier bedank
Die breier van die Steval Pumas, Jimmy Stonehouse het vandag bedank.

Internasionale webblaaie berig reeds dat die voormalige breier van die Steval Pumas, Jimmy Stonehouse as afrigter van die Japanse rugbyklub, Toshiba Brave Lupus aangestel is.
Gerigte oor die skuif het reeds November verlede jaar begin, maar die Mpumalanga Rugby Unie kon dit eers vandag (Dinsdag) bevestig het.
Stonehouse het toe al bevestig dat hy ‘n aanbod van Tokyo ontvang het.
Alhoewel dit al vanmiddag aan die lig gekom het, is dit eers teen 18:00 deur die Unie bevestig.
Stonehouse is sedert 2008 by die Pumas en is verlede jaar as Absa Afrigter van die Jaar aangewys.
‘n Volledige persverklaring sal teen vanaand deur die Unie uitgereik word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
