Local newsLocal sportNewsSport

Ysbreker-dag sorg vir positiewe energie

Die personeel van Laerskool Barberton Primary het hierdie jaar behoorlik op ‘n hoë noot afgeskop toe hulle onlangs ‘n ysbrekerdag by Bouwerpark gehou het.

Die personeel van Laerskool Barberton Primary het hierdie jaar behoorlik op ‘n hoë noot afgeskop toe hulle onlangs ‘n ysbrekerdag by Bouwerpark gehou het. Die verrigtinge het rondom die tema vir die jaar, Sjor, gewentel, wat “bindsaam” beteken in Sjinees.

Die dag het ook as geleentheid gedien om die nuwe personeel in hul geledere welkom te laat voel.

Daar was ‘n behoorlike Sjinese gevoel en uitdagings was aan die orde van die dag. Sjinese tee, rissies, groen roomys en ‘n behoorlike roerbraai waartydens daar eetstokkies gebruik is, het vir groot pret gesorg.

Personeel het ook koppe bymekaar gesit om die beplanning vir die komende jaar te doen.

“Geen leerder of leerkrag sal alleen deur die jare worstel nie, ons sjor en as span sal ons die vrugte van sukses pluk,” was die boodskap wat die personeel aan almal verbonde tot dié skool wou oordra.

Hulle nooi ook al die betrokkenes uit om 2015 die jaar van sukses te maak hetsy of dit op sport, kultuur, akademiese of persoonlike vlak is.

Leerkrag Sanet Roos sê: “Staan stil, neem ‘n oomlik en vra jouself – wat is my missie en wat is my passie in die lewe? Ek is hier vir ‘n rede.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button