FoodLifestyleLocal newsNews

Stil vandag die hongerpyne só

Probeer dit gerus en laat weet wat jy daarvan dink.

Hier is iets heerliks wat die hongerpyne op ‘n Dinsdag kan stil. Die respep is ingestuur deur een van Nelspruit Post se lesers, Theresa. Probeer dit gerus en laat weet wat jy daarvan dink.

Bestanddele:
Ronde buns (2 tot 3 per persoon)
1 of 2 pakkies bacon bits
1 tot 2 pakkies sampioene gekap
Mayonnaise
Gerasperde kaas (opsioneel)

Metode:
Braai die spek gaar, voeg sampioene by wanneer gaar en haal van die hitte af. Sny die buns bo oop, hol uit en hou die brood eenkant. Maak die uitgeholde stukkies brood fyn, meng met die spek en sampioenmengsel, maak laasgenoemde klam met mayonnaise en bietjie gerasperde kaas. Sit die “deksel” terug, strooi die kaas oor en bak tot kaas gesmelt is.

Stuur gerus ook jou randrekker na johanri@lowvelder.co.za. Nelspruit Post het ongelukkig nie ‘n foto saam met hierdie resep ontvang nie, maar vra die lesers om dit wel te doen.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button