DBV-ondersteuner ‘n wasmasjien ryker
Met die winter wat reeds begin naderkruip, het hulle egter wel 'n tekort aan katkos en komberse.
MBOMBELA – ‘n Getroue ondersteuner van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het onlangs ‘n wasmasjien ryker geword toe haar naam tydens ‘n gelukkige trekking gekies is.
Marlize de Vos was een van die deelnemers in ‘n kompetisie wat die plaaslike DBV-tak geloods het in ‘n poging om fondse en kos in te samel vir die diere in hul sorg.
Die DBV het almal hartlik vir hul ondersteuning bedank.
Met die winter wat reeds begin naderkruip, het hulle egter wel ‘n tekort aan katkos en komberse. Lede van die publiek wat ‘n bydrae wil lewer of help om veeartskostes te dek, kan die tak besoek of skakel by 013-753-3582. Fondse kan ook direk aan die veearts betaal word.
Lees ook: Laeveld Ruiterklub spring in om diere te help
