AnimalsLocal newsNews

Geen tekort aan stappers vir honde

"Die doel van ons Winter Warmer-veldtog is hoofsaaklik om die diere bietjie te bederf".

MBOMBELA – Bibberende weer het allermins diereliefhebbers van dié stad afgeskrik toe hulle Saterdag die geleentheid gebied is om met honde in Pro-Life Pet Rescue se sorg te gaan stap.

Dié goeie daad het nie ongesiens verbygegaan nie en elke dapper stapper is met ‘n beker warm sop en ‘n broodjie beloon.

“Die doel van ons Winter Warmer-veldtog is hoofsaaklik om die diere bietjie te bederf,” verduidelik Karin Erasmus, eienaar van Pro-Life.

Volgens Erasmus is dit die eerste keer dat hulle al die honde tegelyk gestap het.

“Ek was verstom oor die hoeveelheid mense wat opgedaag het,” het Erasmus gesê en bygevoeg dat daar ongeveer 70 mense was.

“Daar is met al die honde gestap en dit was voorwaar wonderlik.” Karin meen dit is beslis iets wat hulle weer sal doen.

Die geld wat ingesamel is, sal hoofsaaklik vir die aankoop van medikasie aangewend word en om te verseker dat die veeartskamer in bedryf bly.

Enigiemand wat belangstel om ‘n bydrae tot dié organisasie te maak of wat daarin belangstel om ‘n hond of kat aan te neem, kan Monty by 079-498-7971 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button