AnimalsLocal newsNews

Diereliefhebbers maak hul harte oop

“Jy kan maar kyk, sodra ons iets op Facebook plaas, is dit een, twee, drie en dan is hulle hier,”

MBOMBELA – Pro-Life Pet Recue is die afgelope paar maande oorweldig deur die Laevelders se goedhartigheid.

Volgens Monty Pienaar van dié veilige hawe vir diere is hulle verstom oor hoe die mense hulle harte oopmaak wanneer hulle in nood verkeer. “Jy kan maar kyk, sodra ons iets op Facebook plaas, is dit een, twee, drie en dan is hulle hier,” het hy opgewonde gesê.

Hy meen dis gebare soos hierdie wat maak dat hulle hierdie diens kan lewer.

“Dit is ongelooflik om te weet daar is mense wat dieselfde oor diere voel as ons. Hulle bring van hondekos tot handearbeid vir die bou van nuwe kampe. Dit is abosoluut wonderlik en sonder sulke mense sal ons nie ons deure kan oophou nie.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button