Local newsNewsSport
Khan Coetzee kan n gholfstok swaai
Die kliënte van Lebombo Agri Petroleum en Lebombo Truckshop het Vrydag nie omgegee om die middag se werk op sy te skuif vir 'n lekker potjie gholf nie.
Die kliënte van Lebombo Agri Petroleum en Lebombo Truckshop het Vrydag nie omgegee om die middag se werk op sy te skuif vir ‘n lekker potjie gholf nie.
Tien vierballe het om 11:30 tegelyk afgeslaan.
Met die son hoog en warm, is die stryd aangesê en die manne en vroue kon dit behoorlik op die baan uitsweet.
Die doel van die dag was om kliënte te bedank vir hul getroue ondersteuning.
Behalwe vir al die pryse wat te wen was, het elke speler ook ‘n gholfhemp ontvang waarin die dag se spel voltooi is.
Wenners
Eerste plek – Khan Coetzee
Tweede – Conraad Bezuidenhout
Derde – Rose Powell.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




