Local newsNewsSchool sportSport

Lanies seevier weer op atletiekbaan

Laerskool Malelane, gasheer van die Panorma Interlaer, het 'n pragbyeenkoms georganiseer.

Laerskool Malelane het Vrydag op hul tuisveld vir die 16de agtereenvolgende jaar die Panorama Interlaer gewen en atlete het nie minder nie as 12 uit die 17 trofeë verower.

Deelnemende laerskole was Malelane, Burgersfort, Graskop, Komatipoort, Numbi en Steelpoort. Ongelukkig is Laerskool Sabie die voorreg ontneem om hul skool hier te verteenwoordig deurdat protes-optogte dit onveilig gemaak het vir inwoners om die dorp te verlaat.

Laerskool Malelane, gasheer van die Panorma Interlaer, het ‘n pragbyeenkoms georganiseer.

Ouers van besoekende skole was nie suinig met komplimente langs die veld nie en het met groot lof gepraat oor die skoolhoof en sy bekwame span.

Die sportvelde is in ‘n puik toestand en nie eens die kragonderbreking in die dorp kon hul van stryk bring nie.

Die skool se boorgat en watertenk het gemaak dat hulle vinnig ‘n plan kon maak om water in die toilette te voorsien, wat nogal ‘n groot krisis kon veroorsaak op ‘n dag waar die skool soveel besoekers ontvang.

Die Lanie-personeel het vir maande lank baie hard gewerk om alles gereed te kry en laat Donderdagaand is die laaste afrondings gemaak, te midde van ‘n hewige donderstorm.

Die bestuur en personeel van Laerskool Malelane bedank al die borge en ouers wat betrokke was by die funksie en ‘n bydrae gelewer het om dit ‘n uiters suksesvolle geleentheid te maak.

Verskeie Lanie-ouers het baie hard gewerk in die snoepie om eet- en drinkgoed aan die toeskouers en deelnemers te verskaf en het in die proses ‘n baie suksesvolle fondsinsamelingsprojek geloods.

Baie geluk aan al die atlete wat uitstekende prestasies behaal het – ten spyte van die versengende hitte!

Die skoolhoof, mnr. Gerben Janse van Rensburg, wat self aan die onderwysers-aflositem deelgeneem het, het elke personeellid bedank vir al hul insette, ywer, kreatiewiteit en entoesiasme. Die Lanie-gesin het weer laer getrek en ‘n byeenkoms aangebied waarop hulle baie trots kan wees.

Uitslae

Beste spronge

Seun: Kuhle Mnisi van Laerskool Malelane

Dogter: Ndzalama Mndawe van Laerskool Graskop

Beste worpe

Seun: Lance Sheppard van Laerskool Numbi

Dogter: Hope Madonsela van Laerskool Malelane

Beste naellopers

Seun: Kuhle Mnisi van Laerskool Malelane

Dogter: Hope Madonsela van Laerskool Malelane

Beste hekkies-atlete

Seun: Kuhle Mnisi van Laerskool Malelane

Dogter: Nqobile Mahlobo van Laerskool Malelane

Beste middelafstand-atelete

Seun: Sibusiso Malapane van Laerskool Graskop

Dogter: Thato Makakule van Laerskool Steelpoort

Junior victor ludorum: Moagi Moletsane van Laerskool Malelane

Junior victrix ludorum: Siphokaze Mashabane van Komatipoort Akademie

Senior victor ludorum: Kuhle Mnisi van Laerskool Malelane

Senior victrix ludorum: Hope Madonsela van Laerskool Malelane

Beste atleet van die byeenkoms: Hope Madonsela van Laerskool Malelane

Algehele wenners op grond van puntestand:

Laerskool Malelane – 365

Laerskool Graskop – 273

Laerskool Steelpoort – 265

Persentasiewenners – bereken op grond van die getal leerlinge in skool:

Laerskool Malelane – 96,8

Laerskool Graskop – 74,18

Komatipoort Akademie – 43,82.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button