Local newsNews

Min dae oor om vir dorp van die jaar te stem

Die SMS stemlyne sluit Dinsdag om 14:00. Stuur jou geliefkoosde dorp se naam na 33157.

Die Laeveld spog vanjaar met twee van die drie Mpumalanga-finaliste in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Mbombela en Witrivier is Woensdagaand tydens die program saam met eMalahleni (Witbank) as finaliste aangewys.

The ‘Eye Of Nelspruit’, or better known, the Soccer Ball, Mbombela

Die stemlyne is oop en die publiek het tot Woensdag om vir hul gunstelingdorp te stem. Die provinsie se wenner, die een wat die meeste stemme kry, sal dan teen die ander agt in die finale meeding om as die land se dorp van die jaar aangewys te word.

Casterbridge Lifestyle Centre, White River

Sabie en Middelburg het al met dié gesogte titel weggestap. Te oordeel aan wat Mbombela en Witrivier aan hul inwoners en besoekers bied, staan beide dorpe ‘n goeie kans om weer die provinsie se naam hoog te hou.

Crossing Shopping Centre, Mbombela

Me. Linda Grimbeek van die Kruger Lowveld Chamber Business and Tourism (KLCBT) is opgewonde dat al twee van die dorpe in die sakekamer se area ingesluit is. “Dit wys net watse hoë waarde die area bied,” het sy gesê.

Pine Lake Inn, situated on the banks of the Longmere Dam, White River

“Ons het die beste fees in die land (Innibos), en nou kan die area ook die beste dorp hê.” Sy het almal aangemoedig om te stem. Die algehele wenner kry R1 miljoen se bemarkingswaarde by kykNET.

Mbombela Soccer Stadium, Mbombela

Nie net sal ‘n 30 sekonde advertensie oor die dorp ook uitgesaai word nie, maar ‘n groot partytjie word ook daar gehou. Het Mbombela en Witrivier die wendorp-gees? Om die streek te wen, moet die publiek per SMS stem. Hulle het tot Woensdag toe tyd.

Winkler Hotel, White River

As die dorp se naam onlangs verander het, soos Mbombela s’n van Nelspruit, kan die ou of nuwe naam per SMS ingestuur word.

Kruger Mpumalanga International Airport, gateway to the Lowveld

Sou een van die twee as die streek se wendorp aangekondig word, en sodra almal aangekondig is, kry die hele land weer tot 30 Mei weer die geleentheid om vir die Dorp van die Jaarte stem. Dít word op 7 Junie op Kwêla aangekondig. Kwêla word elke Woensdagaand om 20:30 op kykNET uitgesaai. “Ons sien uit na gesonde kompetisie tussen die twee dorpe om te sien wie wen,” het Grimbeek afgesluit.

Maak jou keuse nou:

Credits: Images by Tracks4Africa, TripAdvisor, RealityNet and Wikipedia

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button