Innibos-Vrydae is hier
Laeveld Media se personeel het Vrydag begin om die amptelike feeshemde vir vanjaar se Innibosfees te dra. Hulle het Hi-Q Nelspruit uitgedaag om eerskomende Vrydag ook feeshemde te dra.

Hi-Q het natuurlik die uitdaging aanvaar en Ford Nelspruit uitgedaag om deel te neem. Trouens, die hele gemeenskap is genooi om mee te doen aan Innibos-Vrydae, deur elke Vrydag tot en met die fees in Julie, hul Goed, Beter, Innibos-T-hemde te dra.
Elke hemp kos R150 en is by SA Embroidery verkrygbaar. Die wins word aan Innibos geskenk om te verseker dat die land se beste fees die beste bly. Dit skep dus nie net ‘n gees van afwagting onder die gemeenskap nie, maar strek tot voordeel van die fees wat op sy beurt ‘n groot ekonomiese impak op die stad en streek maak.
Die deelnemende besighede sal elke week ‘n ander een uitdaag om op groot skaal deel te neem. Laevelder sal oor die volgende paar weke foto’s van hierdie deelnemende maatskappye plaas.
Individue word egter ook aangemoedig om vanjaar se amptelike feeshemp so gou as moontlik aan te skaf en elke Vrydag te dra.
Kontak ilze@saembroidery.co.za of sheralyn@saembroidery.co.za.


