Local newsNews
Seniors geniet outydse fliekervaring
Die Guardian Angels van Malelane het onlangs 'n oulike fliekervaring vir plaaslike senior burgers geskep.
MALALANE – Die plaaslike NG Kerk se saal het na vars springmielies geruik toe die Guardian Angels dit verlede Donderdag vir senior burgers van Malalane en Marlothpark in ‘n fliekteater omskep het.
Joachim Schulz het hulle na hulle plekke geneem. Essie van Rooyen het met ‘n warm glimlag springmielies en ander versnaperings aan die gaste bedien.
Hulle het die Afrikaanse romantiese komedie Vir die Voëls gekyk en dit vreeslik geniet.
Die Guardian Angels hou ‘n spesiale bymekaarkoms vir plaaslike bejaardes elke maand. Aktiwiteite wissel van praatjies en pieknieks na speletjies en uitstappies.
Lees meer oor hulle vorige bymekaarkoms hier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
