Local newsNews

Dis ‘n Manneding – maar die skoner geslag is ook welkom

In Dis 'n Manneding vertel grapmaker Alan Hughes stories uit dié geweste.

Jy kan nou maar sê wat jy wil, maar ‘n storie klink darem net beter met ‘n Weskus-aksent.

In Dis ‘n Manneding vertel grapmaker Alan Hughes stories uit dié geweste. Só laat hy gehore daagliks skaterlag. Alan met sy Weskus- en Namakwalandstories tree saam met Wynand Strydom op.

Laasgenoemde neem die gehoor op ‘n musikale reis met sy diep, donker rasperstem.

Hy maak musiek en lirieke sy eie en dra dit met opmerklike eerlikheid voor. Wynand sing oor die dinge waarvan manne hou en ook oor die dinge wat hulle laat wonder. Saam gesels die manne oor jig.

Dis ‘n kwaal wat ‘n sekere groep laat les opsê – dis nou dié wat graag iets sterker as koeldrank afsluk.

Alan begin met ‘n jig-storie vanuit Gharies. Op daardie dorp is daar net een dokter – dis nou Japie, die apteker. Wynand gesels saam en vertel van die keer toe jig sy toon beetgepak het.

“Dokter” Japie het in daardie stadium geen jigmedikasie gehad nie en skryf toe vir Wynand Viagra voor. “Hoe gaan dit help vir die jig?” het Wynand gewonder. “Dit gaan nie,” het Japie teruggekap. “Maar dit gaan ten minste die laken van jou toon af hou.”

Hulle vertel nog ‘n staaltjie van ene Andries. Hy moes Japie gaan sien, omdat hy sy vleis met te veel vet verkies het. Hierdie eetgewoonte het hom laat olik voel.

Ondanks die feit dat Japie aanbeveel het dat hy slegs hoender eet, het Andries vet bly verkies.

“Hy moes ‘n hartomleiding kry,” het Alan vertel. “Want die vet het sy are so verstop dat jy dit kon braai soos ‘n pofadder.”

Alan se staaltjies oor ou Meelslang Hoch het die gehoor laat kraai van die lag. Meelslang is ‘n afgetrede boer wat soveel fles vat dat hy dit regkry om sy l’e te brei.

Dis ‘n Manneding is nie net vir die manne nie. Vroue kan ook kom inloer en uitvind wat die manlike geslag skop gee.

Kuier vandag om 18:00 en môre om 14:00 saam met hierdie twee Weskus-vriende.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button