Local newsNews

Die Innibos kos Crawl was ‘n belewenis

Jy hoef 'n topsjef te wees om die resepte te kan maak nie, sê Koekedoor en Kokkedoor se Leroux van Vuuren by die Innibos kos Crawl

Jakkie Louw het die lekkerste voorgereg met ‘n lied en grappie by gisteroggend se Kos-crawl by Nelspruit Hoërskool se Boshuis bedien.

Maar nie voor ‘n bruschetta met gegeurde olyfolie, biltong en rooi marmalade soos gemaak deur die skool se gasvryheidsklas, voorgesit is om die dag te begin nie.


Deelnemers was bevoorreg om by die beste sjefs te leer hoe om hulle gunstelingdisse op te kikker. Eerste was Leroux van Vuuren van kykNET se Kokkedoor en Koekedoor.

Die man van Langebaan het deelnemers, die meeste van Mbombela afkomstig, gewys hoe om ‘n snoekbobotie met ‘n soetpatatdeeg te maak.


Omdat die plaaslike Checkers nie skilferdeeg vir sy bobotie gehad het nie, het Leroux die blaardeeg wat hy kon kry, gebruik.

Hy sê mos hy is nie ‘n sjef nie, maar ‘n man wat daarvan hou om te kook. As jy nie kry wat jy soek nie: improviseer. En dit het hy naatloos gedoen.


Die bobotie is gevolg deur ‘n oop hamburger gemaak met blouwildebeesvleis, bedien met plaaslike Sabie-bier. Dié kookles is deur sjef Mynhardt Joubert aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button