Local newsNews

Stef gaan bos met nuwe ‘Innie Bos’

Stef Bos se Bos Innie Bos het sy debuut by Innibos gemaak.

Dié gewilde Nederlandse sanger skerts al vir jare dat Innibos sy fees is, aangesien dit na hom “vernoem” is. Stef sing hoofsaaklik in Nederlands, maar ook soms in Afrikaans, en het al in België, Nederland en Suid-Afrika sukses behaal.

Hy werk ook gereeld saam met ander gewilde plaaslike sangers. Hy het juis Saterdagaand tydens die hoofkonsert saam met vanjaar se Innibos-feeskunstenaar, Amanda Strydom “De taal van mijn hart” gesing.

Hy was vanjaar met mening terug om sy nuutste CD, Wêreldwijd, wat vroeër vanjaar vrygestel is, met die kontemporêre musiekteaterstuk, Bos Innie Bos bekend te stel.

Nel Kooiman het die musiekregie van hierdie vertonings verlede naweek by Laerskool Laeveld behartig. Dit het die gehoor op ‘n wêreldwye reis geneem. Die keuse van liedjies wat hy gesing het, sowel as die stories wat hy deurentyd vertel het, was ook ‘n reis deur tyd en deur die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button