Local newsNews

Guardian Angels maak die dag spesiaal vir bejaardes

Die Malalane Guardian Angels het lekker saam met van die dorp se bejaarde in Marloth Park gekuier.

MARLOTHPARK – Guardian Angels Malalane het verlede week heerlik op die oewer van die Krokodilrivier gekuier.
Drie spanne het teen mekaar meegeding en drie speletjies is gespeel, naamlik visvang, rolbal en kegelbalgooi.
Na baie geswoeg en gesweet het die geel span as oorwinnaars uit die stryd getree.

Meer pret vir die bejaardes saam met die Guardian Angels, Malalane.

Daar is daarna lekker om die tafels gekuier en almal het aan heerlike kerrie-en-rys en kerriebrood gesmul.
“Ons wil van die geleentheid gebruik maak om baie dankie te sê vir André, Elaine en die personeel van die pragtige Amazing River View Restaurant wat die dag moontlik gemaak het,” sê Alta Roberts.

Die span van die Amazing River View Restaurant in Marlothpark saam met die span van die Guardian Angels Malalane.

“Almal is met soveel liefde ontvang en bederf, en die personeel het regtig uit hulle pad gegaan om almal welkom te laat voel. Dit word opreg waardeer,” het sy verder gesê.

Lees: Musiek uit toeka se dae streel seniors se ore

Die Guardian Angels is vrywilligers wat senior burgers by hulle huise besoek en hulle na afsprake vervoer indien nodig. Alle belangstellendes is welkom om by die organisasie aan te sluit. Die Guardian Angels vergader elke eerste Maandag van die maand om 12:00 by die NG Kerk, Malalane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongani Mashisane

Bongani Mashisane is a journalist and digital content creator who began his career in 2005, working with African News Dimension, TimesLIVE and iNet Bridge.
Back to top button