Local newsNews

MLF doen hul deel vir gemarginaliseerdes

Die Mpumalanga Leadership Foundation (MLF) werk onverpoos om na minderbevoorregte mense om te sien.

MBOMBELA – MLF, wat dikwels met Nelspruit Gemeenskapsforum (NGF) verwar word, het slegs vier personeellede wat na al hulle projekte omsien. “Dit verg baie,” sê die uitvoerende hoof, Brenda Maré.

Die MLF ontvang geen regeringsgeld nie en is afhanklik van skenkings. Dit het ontwikkel uit die NGF wat na die gemarginaliseerdes in die samelewing probeer omsien. Volgens past. TJ Maré, voorsitter van die organisasie se direksie, het dié inistiatief “ontplof” en tot die MLF aanleiding gegee.

So het hulle addisionele dinge begin aanpak, soos die Damaskus-plaas en Amakhaya Home-kinderhuis en om die Pienaar Gemeenskapsforum op die been te help bring. NGF is een van hulle projekte, en fokus slegs daarop om na haweloses om te sien.

Hulle gebruik die NG-moedergemeente se perseel in Branderstraat, waar haweloses daagliks vir kos aanklop. Daar is ook storte by die perseel en hulle kry kospakkies – buiten twee warm etes per dag.

“Dit gee hulle die opsie om nooit honger of vuil te wees nie,” verduidelik Brenda. Hulle was self skottelgoed en NGF help waar hulle kan met klerasie.

Hulle verwys mense ook na Sanca waar substansafhanklikes ‘n ses-weekse program volg, en MLF poog dan om vir hulle behuising – soos by Damaskus – te kry. Hier word gesinne en mense wat nie ‘n ander heenkome het nie, gehuisves.

Die fokus van Damaskus-plaas is nou om selfonderhoudend te word en sodoende meer mense te help.

Lees meer

Hulle boer al met varke en hoenders, asook groente (waarvoor hulle onlangs gryswaterbesproeiing aangelê het), en Brenda wil eersdaags bakstene begin maak om meer huisies te bou.

Dit neem maklik sowat nege maande vir gesinne wat daar woon, om weer op hulle voete te kom nadat hulle werk gekry het – daar is baie om voor te spaar voor hulle kan uit trek, verduidelik sy. Dit dien ook as werksplek vir inwoners wat nie elders kan werk nie, deur take op die plaas te verrig.

MLF help natuurlik met CV’s opstel en werk soek, en om rekenaaropleiding (ook vir die kinders) te kry.

Daar is 10 kinders in Amakhaya Home-kinderhuis in Pienaar. MLF is besig met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se registrasie-proses.

Sien ook

TJ wys daarop dat hulle fokus op gemeen-skapsbetrokkenheid. “MLF swiep nie in om vir mense voor te skryf wat hulle benodig nie, en word deur die gemeenskap se betrokkenheid gedryf. Plaaslike ouens moet eienaarskap daarvoor aanvaar om dit te laat vlieg,” verduidelik hy.

TJ vertel dat Brenda as die uitvoerende hoof alles meer produktief maak. Hulle is egter afhanklik van die gemeenskap se ondersteuning en werk dikwels op ruiltransaksies, byvoorbeeld waar mense hulle vaardighede gebruik, soos knope aanwerk en skottelgoed was, in ruil vir iets ekstra om te eet.

Enigiets is welkom, van ‘n bord tot ‘n sepie. Brenda droom van tafeldoeke, maar dít is ‘n luukse.

Sy meld ook dat die meeste klere wat geskenk word, dikwels te groot is vir hulle klante wat groottes tussen 28 en 34 dra. En mans dra as ‘n reël hulle skoene op sodat wanneer hulle dit vir liefdadigheid skenk, dit nie juis meer drabaar is nie.

Elke bietjie help, sê Brenda. “Mense moenie dink dat as hulle net twee pakkies kitssop kan kom aflewer, dit te min is nie. Dit is twee pakkies sop minder waaroor ek my hoef te bekommer, oor waar dit vandaan gaan kom nie.”

Navrae: 013-752-2140 en ceo@mlf.org.za.

Die MLF-span

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button