SA span vir Londen word binnekort bekendgemaak
'n Goeie 2017-gevegskunsseisoen vir Laeveld vegters wat beoog om aan die 2018 Wêreld Koreaanse Krygskunskampioenskappe in Londen deel te neem het die maand tot 'n einde gekom.
Die 2017-gevegskunsseisoen het Saterdag met die Clash at the Wolves Den-toernooi wat by Imperial Select Nelspruit gehou is, ten einde geloop.
Sowat 90 vegters van onderskeidelik Wolves Martial Arts (WMA), Lowveld Kickboxing Club en Lowveld Fight Club het deelgeneem.

Die mededingers was in verskeie afdelings soos gevegskuns-, oophand- en wapenvorms, asook Haedong Kumdo Koreaanse swaard in aksie.
Lees meer: Wolves academy karatekas lead pack
Lowveld Kickboxing Club het altesaam 21 goue medaljes, 18 silwer- en ses bronsmedaljes verower.
WMA vier vanjaar sy 27ste bestaansjaar.
“Al die atlete het Saterdag hulle goed van hul taak gekwyt. Wat volgende jaar betref, beoog ons om net nog meer sukses te behaal,” het WMA se Awie Davis gesê.
WMA se vegters het verlede naweek aan keuring vir die 2018 Wêreld Koreaanse Krygskunskampioenskappe in Londen deelgeneem.
Die span wat Suid-Afrika volgende jaar in Augustus daar gaan verteenwoordig, sal teen die einde van die maand gefinaliseer word.
Lees meer: Wolves celebrate with a tournament
Carmolieta Vermeulen, Jakobus Meyer en Gerhard Oosthuizen is al voorheen vir die nasionale span na die wêreldkampioenskappe gekies.

Lees meer: Wolves hunt down 86 medals
So het WMA vanjaar gevaar
• Middelburg-skopbokskampioenskappe (15 deelnemers) – 21 goud, 11 silwer en sewe brons
• Great North Kickboxing (nege) – een goud, drie silwer en twee brons
• Suid-Afrikaanse Koreaanse Krygskuns (33) – 41 goud, 53 silwer en 34 brons
• Vrystaat Koreaanse Krygskuns (sewe) – ses goud, vier silwer en sewe brons
• Arnold Classic (29) – 37 goud, 28 silwer en 17 brons
• SAKMAA provinsiale kampioenskappe (45) – 64 goud, 55 silwer en 38 brons
• Witrivier-skopbokstoernooi (26) – 16 goud, 20 silwer en nege brons
• Jock of the Bushveld (20) – 18 goud, 13 silwer en een brons
• SAKMAA nasionale kampioenskappe (25) – 27 goud, 25 silwer en 24 brons
• Keuringstoernooi (29) – 33 goud, 34 silwer en 20 brons.
