Local newsNews

Uitvoerende kunste kry nuwe verhoog in die Laeveld

Bespreek jou plek vroegtydig vir 'n aand van ligte kabaret saam met Natascha C en haar begeleier Henry-John Williams by die Konsert Huiz.

MBOMBELA – ‘n Nuwe platform vir plaaslike kunstenaars skop eersdaags in die stad af. Die Konsert Huiz maak sy deure in Oktober oop.

Die eerste konsert, eerskomende Donderdag, skop af met Natascha C en haar begeleier Henry-John Williams se produksie: My Taal. My Taal was deel van die Sappi Boeke-crawl tydens verlede jaar se Innibos- fees.

Lees meer: Lesers meegevoer na wêreld van taal

By Die Konsert Huiz gaan die liefde vir uitvoerende kunste gevier word. Soos die naam sê, vind dit by ‘n huis plaas, dus is sitplek beperk.

Riaan Loubser, die man agter die Huiz Konsert-konsep, verduidelik dat die idee is om vir kunstenaars en gehore aan mekaar blootstelling te gee. “Ons praat al vir maande oor ‘n platform wat ons wil skep vir plaaslike kunstenaars om te kan optree sonder dat die kunstenaar duisende rande hoef op te dok vir ‘n saal of teater, klank, beligting ensovoorts,” sê hy.

Lees meer: Beleef die ligte kabaret-klanke van Natascha C

Loubser is self bekend as ‘n mentallist, en lewer gereeld vertoning waartydens hy gehore laat glo dat hy hulle gedagtes kan lees. Volgens hom is plaaslike mense nie altyd bewus van die uiteenloopende talent in die Laeveld nie. Weens ‘n gebrek aan lokale kry hulle ook min geleenthede om plaaslik op te tree. “Die meeste van ons doen gewoonlik corporate shows buite die streek,” sê hy.

Vir die openingsaand is daar net plek vir 30 gaste en elkeen word versoek om hulle eie piekniekmandjie te pak en saam onder die sterre te kom konsert hou.

Lees meer: Skrywer en sanger liries oor die liefde

Die produksie is ryk aan gedigte, mooi musiek en die teks tussen-in bind die hele tema met ‘n goue draad aan mekaar.

Musiek van Karen Zoid, Jacques Brel en Natascha C self, sal elke musiekliefhebber se hart roer. Die drie optredes van My Taal tydens Innibos 2016 het staande ovasies gekry en selfs ‘n enchore, so daar is baie om na uit te sien.

Die Konsert Huiz begin Donderdag stiptelik om 18:30. Kaartjies beloop R60 per persoon.

Daar word beplan om Konsert Huiz ses keer ‘n jaar aan te bied. Kunstenaars wat enige vorm van uitvoerende kunste beoefen, kan as hulle belangstel om op te tree, hul inligting, ‘n kort bio of mp3 of video aan diekonserthuiz@vodamail.co.za stuur.

Gebruik dieselfde eposadres om jou plek by die konsert te bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button