Local newsNews

Komati-matrieks geniet ‘n swierige Franse afskeid

Komatipoort Akademie se gr. 12's het die matriekafskeidtema, "Parys" Vrydagaand gestand gedoen en in modieuse skeppings en met interessante en luuksemotors vir dié spesiale geleentheid by die skool opgedaag.

Die rooitapyt is Vrydagmiddag by Komatipoort Akademie vir hierdie jaar se matriekafskeid behoorlik uitgerol.

Familie, vriende en gemeenskapslede het die kans gekry om die matrieks se uitrustings en voertuie te bekyk danksy ‘n loopplank wat op die skool se rugbyveld aangebring is.

Na hulle met swier ‘n paar draaie op die loopplank gegooi en vir die fotograwe geglimlag het, is ‘n glasie sjampanje op die groot geleentheid geklink, wat tegelyk ‘n era in hul jong lewens afsluit, maar ook ‘n nuwe een aankondig.

Hierna is die ouers agtergelaat en het die paartjies na Makarios in Marlothpark vertrek om vir oulaas behoorlik afskeid te neem en fees te vier voor die eindeksamen begin.

Kyk na meer foto’s hier. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button