Local newsNews

Nellies glad met die bek

Gerhard van der Merwe, in gr. 11, het twee nasionale eerste plekke vir sy tweetaligheidstoespraak gewen, sowel as vir prosalees

MBOMBELA – Sewe redenaars van Hoërskool Nelspruit het tydens die Radikale Redenaars se nasionale finaal die afgelope naweek ‘n hond uit ‘n bos gepraat, en die hardeware gewen wat daarmee gepaard gaan.

Gerhard van der Merwe, in gr. 11, het twee nasionale eerste plekke vir sy tweetaligheidstoespraak gewen, sowel  as vir prosalees.
Danté van der Westhuizen, in gr. 9, het hierdie prestasie met twee nasionale eerste plekke vir sy Engelse eksperimentele toespraak en vir prosalees geëwenaar.

Die bekkige drielingboeties in gr. 8, Wentzel, Franco en Janu Erasmus, het ‘n nasionale tweede plek met hul uiters vermaaklike eksperimentele spanredenaarspoging verower.

Hulle moes die knie buig voor Afrikaans Hoër Meisies Pretoria.
Teneil le Roux, in gr. 8 en Ané Davey, in gr. 9, het ook aan die finale ronde deelgeneem.

Magda van der Merwe, organiseerder van die redenaars en debat by NHS het gesê die leerlinge het ‘n besonderse goeie redenaarsjaar gehad.

Vier leerders, onder hulle Gerhard, Wehan Viljoen, Ernst Pieterse en Milda van Dyk, was ATKV Redenaars se Mpumalanga-wenners en het aan die ATKV se nasionale ronde deelgeneem.
Ernst, in gr. 9, het nasionaal vierde geëindig in die junior onvoorbereide afdeling. “Ons sien daarna uit om volgende jaar nog hoër hoogtes te bereik,” het Van der Merwe afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button