Leaveld kies hul atletiekspan vir Hi-Tech Interlaer
Ten spyte van die bloedige hitte het die atlete hulself goed van hul taak gekwyt.
Jong atlete van Laerskool Laeveld het dit Vrydag op die baan en veld uitgesweet om ‘n plek in die skool se atletiekspan te verower.
Lees ook: Laerskool Laeveld vier families

Vyf deelnemers in elke item is op die dag geïdentifiseer om aan drie byeenkomste deel te neem ter voorbereiding vir vanjaar se interlaerbyeenkoms.
Lees ook: Laerskool Laeveld verwelkom graad eens

Dit vind op 17 Februarie by Hoërskool Bergvlam plaas.
Volgens Sonja Holtzhausen, die skool se bemarker was die doel van die byeenkoms om ‘n span te kies en te finaliseer vir verdere byeenkomste. “Dus het ons nie medaljes of trofeë op die dag gehad nie,” het sy gesê.
Lees ook: Laerskool Laeveld blink uit!

