Local newsLocal sportNewsSport

Laerskool trots op Interlaer-prestasies

Die skool het ses goue medaljes ingepalm.

Callum van Staden het nie teleurgestel nie en was Laerskool Witrivier se steratleet tydens die onlangse Interlaer.

Die skool het ses goue medaljes ingepalm, waarvan twee deur Callum verwerf is. Hy het die titel as beste seunsatleet (o/12) vir hekkies losgehardloop en daarmee 809 ASA-punte verdien. Hy het die 75 m-hekkiesitem in slegs 12,50 afgelê – amper ‘n volle sekonde voor Laerskool Laeveld se Ruan de Beer, die naaswenner.

Callum het nog ‘n goue medalje en 518 punte in die 100 m-naellope gekry deur in 13,85 oor die wenstreep te nael. Hy het ook ‘n groot aandeel in die o/12-aflosspan se oorwinning in 45,06 gehad.

Daarbenewens het hy ‘n tweede plek in die 150 m-hekkies en die 150 m-naellope in onderskeidelik 23,56 en 21,20 verwerf.

Die skool se o/8-aflosspan het met Nelspruit Primary kort op hulle hakke met die louere weggestap.

Ruan Bosch (o/10) vir ‘n goue medalje 1,20 m hoog oor die dwarslat geseil en Jaque Stassen het in die o/12-verspringitem 4,63 m ver kon spring om met die louere weg te stap.

Caitlen Dehrmann kon egter nie die mas teen Shanese de Cleck, wat die rekord na 1,61 m verbeter het, opkom nie. Sy het nogtans ‘n noemenswaardige hoogte van 1,46 m bereik, wat haar ‘n silwermedalje en 650 ASA-punte in die sak gebring het. In die 60 m-naellope (o/7) was Mikhenzo Nyakane ‘n kortkop agter Nellies se Dandré Louw, met slegs 0,29 wat die twee van mekaar geskei het.

Boitumelo Mateya van Primary het met ‘n naelskraapse 2 cm, vir Jordan Pretorius in die hoogspring onttroon. Sandiswa Makau het tweede in die 800 m-langafstanditem geëindig, kort op die hakke van Bergland se André van Schalkwyk.

Junior Banze was die tweede vinnigste 70 m-hekkiesatleet vir o/10. Amé Quinn (o/11) die gewig 8,35 m ver gestoot en met ‘n silwermedalje en 859 ASA-punte weggestap.

????????????????????????????????????

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button