Local newsLocal sportNewsSport

Opwindende laerskole rugby hier die naweek

Saterdag se bedrywighede vind op die velde van Laerskool Witrivier plaas.

Laerskool Witrivier is vandag en môre deel van ‘n netbal- en rugbynaweek hier en in Nelspruit.

Vandag se wedstryde vind by Laerskool Nelspruit plaas. Vanaf 14:00 tot vanaand sal rugbyspanne van Nelspruit, Witrivier, Tzaneen en CR Swart in aksie wees. Netbalspanne begin ook 14:00 speel en sal tot om 17:30 op die veld wees.

Môreoggend om 08:00 skop rugbyspanne van Phalaborwa, Nelspruit, Witrivier en Goedehoop op Laerskool Witrivier se velde op die dorp af. Wedstryde sal tot 15:30 aanhou.

Netbalspanne van dieselfde skole begin ook om 08:00 en speel tot om 13:45.

Lees meer oor die naweek se sportbedrywighede in volgende week se White River Post.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button