Pumas verras by Super 9
In die eerste wedstryd het hulle teen die Dragons te staan gekom wat 'n ervare span is en talle SA spelers bevat.
Saterdag 10 Maart het die Pumas se ringbalspan aan die Super 9 in Pretoria deelgeneem en die manne in grys en pienk het vir ‘n opskudding gesorg waaroor die hele dag gepraat is.
“Die Pumaspan het as ‘n eenheid gespeel waar elke speler ingekoop het op die wedstrydplan en almal het absoluut vir mekaar gespeel,” het Rodney Haywood, voorsitter van die Mpumalanga Laeveldse Ringbaldistrik gesê.
Also read: The joy of succulents
“Die span het gewys dat hulle met elke wedstryd groei en al beter en beter word. Hierdie is ‘n groep jongmanne wat ‘n blink toekoms het wat vir hulle voorlê.”
Die Pumas het die eerste naelbytwedstryd met 46-40 gewen en al die toeskouers en spelers verras met hul spel. ‘n Ster in hierdie wedstryd was beslis Rickus Martin wat in die tweede helfte ‘n doelpersentasie van 73,33 % behaal het. Hy is dan ook as man van die wedstryd aangewys.
Also read: Action Netball supports its Mixed B team
Na die verrassing van die eerste wedstryd het die Pumas gewys dat dit nie net ‘n gelukskoot was om die eerste wedstryd te wen, toe hulle die Thundercats met 40-30 kafgedraf het, nie.
“Die hele span het hier saamgetrek en met samewerking en ondersteuning hulle staal gewys. Hierdie wedstyd het almal op die punte van hul stoele gehou. Die jong Pumas het egter kop gehou en soos ‘n geoliede masjien gespeel met slim beplanning,” het Haywood gesê.
Ná Saterdag se wedstryde word die Pumaspan nou as ‘n faktor beskou wat een van die voorlopers in die kompetisie is.
Also read: Bruising call-out for officer
