‘n Fees van skolerugby by vanjaar se Danie Rossouw rugbyweek
Vanjaar se program het op Woensdag 28 Maart afgeskop. Twee uitspeelrondes is Woensdag en Donderdag gespeel ter voorbereiding op Saterdag se uitspeelrondes.

Dertien spanne van regoor die Laeveld, Hoëveld en Gauteng het die afgelope naweek op Hoërskool Rob Ferreira se rugbyvelde kragte gemeet.
Vanjaar se Danie Rossouw Rugbyweek, die sesde van sy soort, was weer eens ‘n fees van skolerugby uit die boonste rakke met die plaaslike spanne se o/14, o/15, o/16 en eerstes wat moes uithaal en wys teen die besoekers.
Lees ook: BREAKING NEWS: Pedestrian killed on the N4 last night

In die o/14-kragmetings het die plaaslike spanne gesukkel om die mas teen die besoekers op te kom met slegs Rob Ferreira en Penryn wat tot die eindronde deurgedring en teen mekaar te staan gekom het. Die telling: 17-5 in Robbies se guns.
In die o/15-wedstryde moes die plaaslike skole ook hard werk om te seëvier, maar na ‘n fisies veeleisende wedstryd het Rob Ferreira vir Hoërskool Overkruin met 17-5 gewen in die derde uitspeelronde.
In die laaste ronde se uitspeelwedstryd tussen Matsulu Jeugrugbyklub en Lowveld High School se o/16-spanne het Lowveld se flink spel en ysterverdediging gesorg dat hulle Matsulu met 32-20 geklop het.
Lees ook: A weekend of festivities awaits

Uplands College se o/16-span wat in die derde uitspeelronde teen Hoërskool Brandwag te staan gekom het, het danksy ‘n goeie vertoning van hardlooprugby verseker dat hulle hul opponente met 24-12 die loef afgesteek.
In die finale uitspeelronde tussen Hoërskool Bergvlam se eerste span en Hoërskool Ben Viljoen se tweede span het Bergvlam danksy feitlik ondeurdringbare verdediging en geslaagde stelskoppe hul opponente met ‘n gemaklike 58-0 afgeransel.
Die toernooi, wat poog om jong talent te identifiseer en ontwikkel, het ook aan alle deelnemende spanne kondisioneringsessies aangebied om voor te berei vir die res van vanjaar se rugbyseisoen.
Lees ook: UPDATE: Power outage in Mbombela
Gedurende die toernooi se meer as 40 wedstryde is spelers geïndentifiseer en gekies vir ‘n junior en senior span wat in Desember na Frankryk sal toer. Hierdie lys was teen druktyd nog nie beskik-
baar nie.
“Dit was inderdaad ‘n geslaagde byeen-koms gewees en ons is trots daarop dat ons al die deelnemende skole se afrigters die kans kon gee om hul ligaspanne te finaliseer. Danksy die puik organisasie het ‘n aangename atmosfeer om die veld geheers, en ons wens al die spanne net die beste toe vir die res van die seisoen,” het Robbies se hoof, Dawie Oberholzer gesê.
