Local newsLocal sportNewsSport

Die dag spreek van oorwinning, al verloor hulle die wedstryd

Die afrigter glo dat sy span heelwat op dié vertoning kan verbeter.

 

Hoewel hulle die hoofwedstryd naelskraap verloor het, was die geleentheid een van oorwinning vir Witrivier Rugbyklub.

Die klub het die afgelope Saterdag hul 90ste bestaansjaar in styl gevier deur onder andere as gasheer vir ’n wedstryd tussen die Pumas en Haaie op te tree. Premierliga-wedstryde tussen die dorp se tweede en eerste spanne en dié van Sasol, is voor en na die Puma-wedstryd gespeel.

Witrivier se eerstes het in ’n opwindende wedstryd met 24-22 teen Sasol in die hoofwedstryd verloor. Afrigter Charles Gates sê dat hul nederlaag waarskynlik daaraan te danke was dat die span te veel ongedwonge foute gemaak het, veral met hul eie ingooie in die lynstane. “Ons ondersteunende spel, veral by die afbreekpunte was ook nie goed genoeg nie.”

Hanteringsfoute wanneer die span balbesit gehad het, het hulle verder gekniehalter. Hul verdediging was oor die algemeen goed, maar dit het soms gelyk of spelers konsentrasie verloor en Sasol kon hulle maklik klop wanneer duikslae gemis het.

Daar is egter hoop vir die res van die seisoen, aangesien hulle skrums van goeie gehalte was en die groot voorspelers gesorg het vir goeie dryfbewegings van die lynstane af. “Gelukkig besef die spelers dat ons nog nie op ons beste was nie,” sê Gates. Hy glo dat sy span heelwat op dié vertoning kan verbeter.

Foto’s van die wedstryd tussen Witrivier se eerste span en Sasol:

Fragmente van die wedstryd tussen die Pumas en Haaie in beeld:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button