Skolerugby sorg vir ‘n fees gedurende die vakansie
Eerste spanne, o/14’s, o/15’s en o/16’s was by Robbies in aksie en o/11’s en eerste spanne by die laerskole-week.

Opwindende skolerugby was die afgelope vakansie aan die orde van die dag op Witrivier.
Dertien spanne uit die Laeveld, Hoëveld en Gauteng het op Hoërskool Rob Ferreira se rugbyvelde aan die sesde Danie Rossouw Rugbyweek deelgeneem, terwyl laerskoolspanne kort daarna by Laerskool Witrivier se tradisionele J&M Sekuriteit Rugbyweek hul slag gewys het.
Eerste spanne, o/14’s, o/15’s en o/16’s was by Robbies in aksie en o/11’s en eerste spanne by die laerskole-week.
Rob Ferreira en Penryn se o/14-spanne het tot die eindronde deurdring met Robbies wat toe met 17-5 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Rob Ferreira se o/15’s het ook geseëvier deur Hoërskool Overkruin met 17-5 te klop. Lowveld High School se o/16-span het in die laaste ronde se uitspeelwedstryd met 32-20 teen Matsulu Jeugrugbyklub koning gekraai.
Uplands College se o/16- span het Hoërskool Brandwag in die derde uitspeelronde met 24-12 gewen. In die finale uitspeelronde tussen Hoërskool Bergvlam se eerste span en Hoërskool Ben Viljoen se tweede span het Bergvlam met 58-0 skoonskip gemaak.
In beeld:











