Local newsLocal sportNewsSport

Numbi se rugbyspanne reg vir seisoen

Numbi se rugbyspelers baie uit die toernooi geleer.

Laerskool Numbi se o/11- en o/13-rugbyspan het vanaf 3 tot 6 April aan ‘n toernooi by Mariepskop deelgeneem.

Ander skole wat daar verteenwoordig was, is Laerskool Anton van Wouw van Pretoria, Laerskool Dr Annecke van Letsitele asook laerskole Steelpoort en Burgersfort.

Op die eerste dag het Numbi se o/13- span teen Laerskool Anton van Wouw se tweede span gespeel en met ‘n wentelling van 42-5 uit die stryd getree.

Op die laaste dag het Numbi egter teen Laerskool Anton van Wouw se eerste span 21-0 verloor. Hulle het ook teen Laerskool Dr Annecke gespeel, teen wie hulle met 36-19 die knie moes buig.

Die o/11’s het op die eerste dag met 15-5 teen Steelpoort verloor. Hulle moes ook teen Laerskool Anton van Wouw die knie buig met ‘n telling van 26-0.

Numbi het wel teen Burgersfort met 46-5 gewen.

Ten spyte van hul gemengde welslae het Numbi se rugbyspelers baie geleer en is hulle nou gereed vir die rugbyseisoen wat voorlê.

Laerskool Numbi het hulle dank en waardering teenoor Kruger Park Lodge, Vuka Crushers, Numbi Ford Hazyview, Coastal Tool Hire Witrivier, Sanbonani Resort Hotel, SSW Steel Fabrications, Thatch Co en BUCO Hazyview uitgespreek, wat dit moontlik gemaak het vir hulle om aan die toernooi te kon deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button