Willem vra ondersteuning om sy droom te verwesenlik
Willem is een van die gelukkige spelers wat daarna kan uitsien om in Europa te gaan speel.

Willem Alberts, ’n oudleerling van Laerskool Numbi, gaan in Desember saam met die Danie Rossouw-span in Frankryk toer.
Hy speel tans vir Hoërskool Rob Ferreria se o/15 A-rugbyspan wat vanaf 28 tot 31 Maart aan die jaarlikse Danie Rossouw Rugbyweek by Robbies deelgeneem het.
Na afloop van dié toernooi is spelers vir die toer na Frankryk gekies. Willem is een van die gelukkige spelers wat daarna kan uitsien om van 27 November tot 6 Desember in Europa te gaan speel.
Die koste verbonde aan die toer beloop egter R30 700 en hy benodig dus borgskappe om dit vir hom moontlik te maak.
Willem is ‘n Hazyviewer in murg en been. Nie net het hy sy laerskoolloopbaan by Laerskool Numbi voltooi nie, maar sy famillie woon al vir 18 jaar op die dorp.
Sy ma, Su-Marie is al sedert 2000 ‘n onderwyser by die skool.
Willem het ook twee sussies, Engela en Anneke en sy pa Gawie is ‘n bekende groenteboer in die omgewing.
Enigiemand wat vir Willem wil ondersteun kan sy ouers by 082-826-0178 of sumarialberts@ gmail.com of gawiealberts@gmail. com nader.
