FOTO’S: NHS rugby samel fondse in met kleurwedloop.
Die wedloop is verlede Donderdag op die hoërskool se velde gehou.

MBOMBELA – Donderdagaand is die heel eerste Rhino Run by Hoërskool Nelspruit gehou in die vorm van ‘n kleurwedloop. Deelnemers het R40 per persoon as inskrywingsfooi betaal.

Hiervoor het hulle drie sakkies poeierverf ontvang waarmee hulle hulself en mekaar gedurende die wedloop kon gooi.

Die wedloop is op die skool se rugbyveld gehou en was ongeveer een kilometer lank. Daar was drie punte langs die pad waar deelnemers met addisionele kleure bestook is.
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit’s pupils face nightmare ordeal at school hostel

“Ons het besluit op die kleurwedloop omdat dit iets is wat die kinders geniet en ook ter viering van die nuwe kleure wat ons in die maand van September gaan sien,” het een van die organiseerders Vanessa Roets, gesê.

Die wedloop is as ‘n fondsinsameling vir die skool se rugbyspanne gehou en ongeveer 100 deelnemers het vir die aand se pret opgedaag.

“Dit is ‘n goeie getal aangesien dit die eerste keer is wat ons ‘n wedloop van so aard gehou het,” het Roets gesê.
LEES OOK: FOTO’S: Hoërskool Nelspruit se interhuis





