Local newsNews

Grootouers word bederf by Laerskool Bergland

Die skool het onlgangs hulle jaarlikse ouma-en-oupadag gevier.

MBOMBELA – ‘n Ouma en oupa is dikwels vir ‘n kind goud werd en sorg altyd vir ‘n lekkertjie en ‘n ekstra stywe drukkie wanneer die lewe swaar druk.

Milla en Luca Olivier, ouma Reinnette Burger en Kyla Olivier.

Die leerders van Laerskool Bergland het onlgangs hulle jaarlikse ouma-en-oupadag gevier en het die geleentheid gehad om nie net hulle grootouers te vereer nie, maar ook om ‘n stukkie van hul daaglikse skoollewe met hulle te deel.

Adrian Cogill, ouma Fransie van Staden en Keith Cogill.

Dit was twee vlieë met een klap want die skool het die dag sommer ook die koms van lente gevier.

LEES OOK: Laerskool Bergland vol gees op die pawiljoene

“Dit was ‘n heerlike oggend en grootouers het in groot getalle opgedaag. Die skool se marimbagroepe, individuele musiekleerders en seunskoor het opgetree. Ons oupas en oumas en selfs oupa- en oumagrootjies is baie spesiaal vir ons en lê ons baie na aan die hart,” het die skool se woordvoerder Marena Buitendag gesê.

Unathi en Zenande Chiloane, ouma Sylvia Mogane en Randzu Mkhabela.

Hierdie skool verstaan beslis hoe belangrik grootouers in ‘n kind se lewe is.

LEES OOK: ‘n Driekuns vir Laerskool Bergland

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button