Local newsNews

Tussen Sterre blaas die Plaashuis se dak af

Die bekende groep het al die pad van Krugersdorp af kom kuier en die gehoor vermaak

BURGERSFORT – Tussen Sterre, ‘n bekende sanggroep van Krugersdorp het inwoners Vrydagaand by Die Plaashuis vermaak.
Hierdie drie jongmanne het nie net uitstaande stemme nie, maar is ook baie oulik. Toe hulle die verhoog betree het, het hulle ‘n hele paar meisies en selfs ‘n paar tannies se wenkbroue laat lig.
Die groep se musiek is nuut en oorspronklik. Hulle het snitte van hulle album Kosmies, wat onlangs vrygestel is, gesing.
Daar is los gedans, vas gedans en op ander onverklaarbare maniere snaaks gedans op maat van die musiek. Dit was duidelik dat Tussen Sterre ‘n groot aanhang geniet het.
Die Plaashuis was soos altyd volgepak met Burgersforters wat tot laatnag saamgekuier het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button