Local newsNews

FOTO’S: Nellies verwelkom nuwe graadeens

Opgewonde gesiggies eerder as trane was te sien toe die nuwe graadeens Woensdag hulle skoolloopbaan by Laerskool Nelspruit afgeksop het.

MBOMBELA -Die skool het vanjaar 169 leerders in gr. 1, ‘n rapsie meer as verlede jaar se 167, wat in ses klasse verdeel is.

Die groep bestaan uit vyf Afrikaanse klasse en een Engelse klas wat gereed is om die kleingoed se akademiese grondslag te begin lê.

Henrike Bekker het gesê sy is baie opgewonde oor hierdie nuwe avontuur. “Ek is opgewonde om te begin skryf en te lees en ek is bly oor my juffrou.”

LEES OOK: Nellie-koor maak glansryke debuut

Gr. 1-onderwyser, Anushca Janse van Rensburg, het gesê die belangrikste vir die leerders in die eerste twee weke van hulle skoolloopbaan is om sosiaal en emosioneel by hierdie nuwe ruimte aan te pas en hul vertroue op te bou.

Vir sommige was hul tasse net te groot en ma en pa moes handjie bysit, maar lag-lag het hulle langs die nuwe maatjies gaan sit om hul Nellie-reis te begin.

LEES OOK: Kleinspan oortref met pret, prettiger, prettigste revue

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button