Action arena sluit sy deure in Mbombela
Action Sports SA het Vrydag uit die bloute aangekondig dat hulle die plaaslike arena sluit.

MBOMBELA – In ‘n brief aan lede het hulle gesê dit sluit amptelik op 28 Februarie. Alle wedstryde wat hierdie week sou plaasvind is reeds gekanselleer.
Action Sports het 15 maande gelede die arena by ‘n plaaslike privaat franchisee oorgeneem.
Volgens Braam Oosthuizen, bestuurder van die Mbombela-arena, is daar tans sowat 300 geregistreerde aksiekrieket- en netbalspelers.
SIEN OOK: Indoor action heats up in Riverside
Oosthuizen het gemengde gevoelens oor die sluiting – hy het nou die geleentheid om terug te keer Gauteng toe, maar gaan na die Laeveld verlang. “Ek gaan die mense en die plek mis. Hulle het in my hart ingekruip,” sê hy.
Action Sports SA is op soek na ‘n ander geskikte perseel en beoog om die arena te heropen.
Daar is om ooglopende redes geen aanduiding van wanneer dit sal gebeur nie. Die junior krieketklub kyk ook na alternatiewe geriewe en sal die ouers op hoogte hou.
Intussen sal almal met krediet se geld terugebetaal word.
Action Sports het sy kliënte bedank vir hul ondersteuning.
LEES OUER STORIES: Challengers are champions at action cricket
