Local newsNews

Innibos se hart is vir en in die gemeenskap

Innibos en die gemeenskap van Mbombela (Nelspruit) is sestien jaar reeds onlosmaaklik deel van mekaar. Daar word deurlopend en deur verskeie gemeenskaps- en verrykingsprojekte teruggeploeg in die gemeenskap.

Met elke jaar se kunstefees word die kollekte wat tydens die Innibos Sondagaand se Loof Hom Innibos-konsert opgeneem word, ingesamel om te help om nood te verlig.

Die Innibos Meridian Karino Onderwys-trustfonds help 20 leerders uit minderbevoorregte gemeenskappe deur hulle skool- en koshuisgelde te betaal sowel as hulle uniforms en ander benodighede. Verskeie maatskappye is hierby betrokke en die winste van die Sunbake Innibos Gholfdag word ook aan hierdie trustfonds geskenk.

Innibos is die hoofborg van die Laeveld Eisteddfod waaraan talle kinders van alle ouderdomme deelneem.

Van Innibos se bestuurslede is aktief betrokke by verskeie projekte en neem jaarliks deel aan Mandela-dag.

Die fees skep jaarliks meer as 1 000 tydelike werksgeleenthede vir werkloses en studente, en is ʼn belangrike rolspeler om die plaaslike ekonomie te bevorder.

Volgens ʼn amptelike ekonomiese impakstudie wat deur die NWU onderneem word, is die ekonomiese inspuiting van Innibos jaarliks meer as R80 miljoen.

Dit is Innibos se oortuiging dat ’n gemeenskap se groei en bemagtiging juis deur die gemeenskap bepaal word, en daarvoor is die bestuur altyd vuur en vlam!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button