Local newsNews

Vang die bossewa na jou feesvenue

Om van die feesterrein tot by jou show-venue te kom hoef glad nie ’n probleem te wees nie!

Met die komplimente van ons pendeldiensborg, TRAC N4, word daar weer vanjaar gesorg vir moeitevrye vervoer van en na feesproduksievenues. Die Bossewa-bussies neem feesgangers vanaf die feesterrein (Hoërskool Bergvlam) na enige van die sale of venues in Mbombela waar produksies aangebied word.

Die diens is nou reeds ’n instelling by die fees en feesgangers wat in die verlede van die Bossewaens gebruik gemaak het, sal kan getuig dat verkeersknope en parkeerprobleme heeltemaal uitgeskakel word as jy met die Bossewa na jou bespreekte Innibos-produksie pendel.

Daar is een sentrale optel- en aflaaipunt: Bossewaplein wat geleë is naby HEK 1 van die feesterrein. Die kaartjies is net R15 per rit.

Let wel dat Bossewaplein binne die feesterrein geleë is, aangesien dit spesiaal vir feesgangers is wat vanaf die terrein na hul produksievenues wil ry. Vroegoggend, voor die feesterreinhekke oopmaak, is daar egter ’n oplaaipunt buite HEK 1 waar feesgangers in die straat opgelaai kan word om die eerste vertoning van die dag te gaan bywoon.

Die Bossewaens vertrek 30 minute voor die begin van ’n vertoning vanaf Bossewaplein na die venue. Ongeveer 20 minute na elke vertoning is die Bossewa weer daar om feesgangers vanaf die venue terug na die feesterrein te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button